Broer

Oud en verwese...
Lyne van swaarkry.
Maer, net vel en been.
Skokkend en onverwags!
Blykbaar van siekte,
Maar ek sien dieper.
Drukkie voel nie meer dieselfde,
Waar is die ander helfte?
Wat maak dat jy altyd na my draai?
In tye van nood, van swaarkry.
Wanneer jy op moedverloor se vlakte is.
Hoekom na my?  Hoekom nie na ma?!
Die bravade is weg...
Dit was nooit eg.
Die lewe het jou getrap,
Maar waar 'n wil is, is 'n weg!

Die Beker

Soms voel jy brandend warm
Versprei n welkome reuk
Voel ek jou hitte deur my hande sprei
Omvou, omgewe jy my!

Dan weer, is jy koud en nat
Met ysblokkies, rinkelend in jou hart
Jy laat my verstyf!
Is hard, met druppels op jou lyf

Buite is jy blink gevryf
Binne met vlekke geskryf
Kyk dieper! Elkeen het sy eie verhaal
‘n Padkaart, wat sy lewe bepaal

Is jy blink en gekraak?
van swak smaak
Of dof en sterk?
Gevlek! net soos ek…